Sunday 8 May 2011

Seekatte

Seekatte behoort aan die Order Cephalopda. Seekatte is karnivore en eet meestal  goed soos krappe en shrimps maar eet ook soms vis en seeslakke. Seekatte kom in allerhande grotes voor van so klein soos 25mm tot so groot soos n 6 sitplek kar! Seekatte wat so groot is het al goed so groot soos klein haaie gevang glo my maar hier oor want ek het dit gesien op die internet. Party seekatte is gevaarlik soos byvoorbeeld die blouring seekat wat in Australie voorkom is omtrent so lank soos jou middelvinger en is dodelik en sy byt is moeilik om te behandel. Seekatte kou hul kos met n pappegaaiagtige bek. Groot seekatte byt hul kos dood met hul groot bekke en  klein seekatte se suiers het klein tandjies wat gif bevat en hulle maak hul prooi daarmee dood. Seekatte soos alle moliska het drie harte. Die video hierbo wys n rotsseekat (ek dink dis wat dit is) nadat hy n krap geeet het. Ons het dit geneem by Manaba( Margate).


2 comments:

  1. Ons het vandag 19 Junie 2011 'n kleinerige pers seekat hier in 'n poel gekry in Margate. Was nogal oulik om een so in die natuur te sien. Fanie Roux

    ReplyDelete