Sunday 8 May 2011

Die geskiedenis van sjokolade volgens National Geographic

Jammer dat ek nie fotos ook kon wys nie maar
hierdie is die geskiedenis van sjokolade volgens die National Geographic Tydskrif.

Dalk al in 1000 v.c.

Die antieke Olmec wat beroemd is vir hul reuse kopstandbeelde het in Mexiko en Sentraal-Amerika gewoon en was dalk die eerste mense wat die kakaoplant gebruik het.

1300

Die Asteke het kakaosade en rissies gemeng om n skuimende,gekruide drankie te maak.

1528

Die verkenner Hernan Cortes het die Asteke se drankie  na
Spanje saam geneem.

Middel van 1500s

Franse en spaanse adelikes het kaneel en rietsuiker by die
bitter drankie begin inroer.

1847

Joseph fry en sons of England het die eerste sjokolade
stafie gemaak.

No comments:

Post a Comment